Thabazimbi Pionier oorlede

Suné Mari Barnard het vroeër vanjaar die titel van TUKS Joolkoningin verower waarna sy genooi is om aan die Mej Pretoria Skou skoonheidskompetisie deel te neem.
Suné Mari Barnard het vroeër vanjaar die titel van TUKS Joolkoningin verower waarna sy genooi is om aan die Mej Pretoria Skou skoonheidskompetisie deel te neem.

THABAZIMBI – ‘n Groot gees van Thabazimbi, Gawie Richter, oftewel oom Gawie, soos almal hom liefderyk ken, is verlede Vrydag 17 Julie op die ouderdom van 86 jaar oorlede.
Oom Gawie se pa het in 1938 Bosveld toe getrek terwyl sy vrou en kinders op die plaas Rietvlei in Swartruggensdistrik agtergebly het. In 1940, toe Gawie slegs 18 jaar oud was, het die res van die familie met die trek gevolg, wa en osse, perdekar en diere. Met Nuwejaar, 1 Januarie 1940, het die trek die pad gevat en 8 dae later op die plaas Gospord, naby Dwaalboom aangekom. Die afstand wat met ossewa aangedurf was, sowat 80 myl.
Op hierdie plaas het die familie geboer tot die droogtes later so toegeneem het dat dit baie moeilik was om ‘n bestaan te maak. Oom Gawie het werk gekry by die Yskorplaas en kon sodoende sy vrou en kind finansieel ondersteun. Hier het hulle elke oggend melk in die dorp afgelewer asook al die voedsel bederfbare aan Yskor se winkel I-stores gelewer. Die volledige slagpale waar spek, worsies, polonie en dies meer gemaak is, is ook onder die bekwame hand van oom Gawie op die been gebring op die Yskorplaas waar hy ook die uitspan van die nou bekende Ben Alberts Natuurreservaat behartig het. Groot lande vir rou asook vars groente is aangebring wat aan I-stores sowel as Pretoria gelewer het.
Oom Gawie is later deur die myn na Kathu gestuur waar hy weke aaneen ook daar ‘n plaas vir die myn wat toe daar moes begin gevestig het.
Nadat daar paaie na Thabazimbi aangelê is, was die dorp meer toeganklik en die noodsaaklikheid om die plaas in sy hoedanigheid te laat funksioneer is ongedaan gemaak en die bedrywighede is later gestaak.
Hierna het oom Gawie as brekerdrywer ondergrond gewerk. Later het hy bevordering gekry na die store waar hy die springstof behartig het asook die aflewering daarvan in die groewe. Met latere bevordering het hy net in die store gewerk waar hy ook afgetree het as Magasynmeester.
Oom Gawie is op Donderdag 23 Julie vanuit die AP Kerk Thabazimbi begrawe. Die familie bedank graag almal wat soveel liefde en versorging aan oom Gawie Richter gegee het met sy lang verblyf in Curamed Hospitaal, asook die hospitaalpersoneel en dokters van De Kock en Vennote wat onbaatsugtelik na hom omgesien het.