Entertainment

Thabazimbi Landbou en Nywerheidskou lok groot name

THABAZIMBI  – Die Thabazimbi Distrik is bekend vir sy baie mynbou aktiwiteite te wete oopgroefmyne wat vandag aansienlik goedkoper gemyn kan word as skagmyne.
Volgens Johan du Toit, een van die skou-organiseerders, kan skougangers hierdie jaar uitsien na manne soos Bell Equipment, Terrese Grondverskuiwing, Case Industrial. Landboumasjienerie soos Multifarmer, NorthMac Case, New Holland, Deuts, Lame, Landini, McCormack, John Deere, Claas en so meer. Verder is daar ook ‘n verskeidenheid ander Nywerheids uitstallers. Ander groot belangstelling in ons skou is ons beeste afdeling. Met dertien beesrasse te kan vertoon wat ‘n absolute rekord is. Die boerdery gemeenskap is ook baie gesond. Hier is sowat 25 000 hektaar onder besproeiing. Verder is daar nagenoeg 20 000 hektaar droë land boerdery en dan kom die wildboerdery nog by. Die plase in ons distrik strek oor ‘n afstand van 240 kilometer. Ons sit in die posisie dat enige ander groot dorp ±140 kilometer van ons af. Daarom is dit maklik om bemarking hier te doen as jy jou nie hier vestig nie. Die toekoms vir ons geluid is baie rooskleurig in ag genome die ekonomiese resessie. Maar hier in ons gebied is seker een van die plekke met die grootste verskeidenheid van minerale in Suid-Afrika. Daarom raak Thabazimbi al meer gesog. Kontak die Skoukantoor 014 777 1204.