Nuwe beesras ten toon gestel
PinZ²yl beeste, die nuutste Suid-Afrikaanse beesras, gaan by die Thabazimbi Landbou en Nywerheidskou vertoon word. Die PinZ²yl’s, wat tans onder evaluasie van die Universiteit van Pretoria is, word geteel uit die dubbeldoel Pinzgauer en die aangepaste Nguni. Proewe word tans by ZZ2 te Mooketsi gedoen om te bepaal in hoe ‘n mate die nuwe ras die aanpasbaarheid van die inheemse Sanga ras tesame met die vleiseienskappe van die Europese Pinzgauer behou. Voorlopige resultate lyk belowend, in so ‘n mate dat daar alreeds voorspel word dat die nuwe ras ‘n groot rol in die toekoms van die Suid-Afrikaanse vleisbedryf kan speel.
Die nuwe PinZ²yl’s is mediumraam, veldaangepaste diere met die kenmerkende pragtige bont Nguni huid. ‘n Oogmerk met die teel van die nuwe ras is om diere te teel met ‘n lae onderhoud behoefte met goeie vleisproduksie eienskappe.
Diere van die Mathomo PinZ²yl stoet van Bertie van Zyl (Edms) Bpk en SSS PinZ²yl Stoet van mnr Hardus Steenekamp van Steenbokpan sal by die Thabazimbi Landoub en Nywerheidskou te 30 Julie tot 1 Augustus wees.
Vir meer inligting oor die opwindende nuwe ras skakel Paul Bester by 0836276899 of grootboom@zz2.biz of Hardus Steenekamp by 0844910220 of pgsteen@vodamail.co.za
Pieter Visagie by 0731614721 of pietervisagie@gmail.com.