Joolkoningin nou Mej Pretoria Skou-finalis

Suné Mari Barnard het vroeër vanjaar die titel van TUKS Joolkoningin verower waarna sy genooi is om aan die Mej Pretoria Skou skoonheidskompetisie deel te neem.
Suné Mari Barnard het vroeër vanjaar die titel van TUKS Joolkoningin verower waarna sy genooi is om aan die Mej Pretoria Skou skoonheidskompetisie deel te neem.

PRETORIA – Thabazimbi se eie Suné Mari Barnard wat vroeër vanjaar die TUKS Joolkoningin titel ingepalm het, is deur die Pretoria skoukomitee genader om deel te neem aan die jaarlikse Mej Pretoria Skou skoonheidskompetisie.

Die 70ste Pretoria Skou vind vanaf 28 Augustus tot 6 September te Pretoria Skougronde oftewel Tshwane Event Centre plaas.

Suné het reeds na die eerste uitdunne ‘n plek in die Top 10 behaal, waarna die publiek nou die geleentheid het om vir hul gunsteling te stem. Gaan gerus na www.lourinewannenburg.co.za/Miss-Pretoria-Show5.php om die fotogallery van al die finaliste te besigtig.

Sms’e vir Suné kan gestuur word na 35959 met haar naam “sune mari barnard” in die teksgedeelte. Sms’e kos R3. Die afsnydatum vir sms’e is 20 Augustus, waarna die kroning sal plaasvind.