Die Pinzgauer “Road Show” beur voort

Bul Sir Ramkat  05B 118 (Zet Zet Twee Pinzgauer Stoet) wat as die Opperste Kampioen Dubbeldoel dier bekroon was by die Bloemfontein skou.
Bul Sir Ramkat 05B 118 (Zet Zet Twee Pinzgauer Stoet) wat as die Opperste Kampioen Dubbeldoel dier bekroon was by die Bloemfontein skou.

Die Pinzgauer Genootskap het vanjaar van sy kampioene op ‘n landwye blootstellings veldtog geneem. Die toer is moontlik gemaak deur ZZ2, wat daardeur sy volgehoue steun vir die landbou weereens bewys het. Na vele welslae sal dit vir die Pinzgauer Genootskap ‘n voorreg wees om ons diere te vertoon by die Thabazimbi Landbou en Nywerheidskou vanaf 30 Julie tot 1 Augustus 2009. Twee van ons onlangse prestasies op die toer is die bul Sir Ramkat  05B 118 (Zet Zet Twee Pinzgauer Stoet) wat as die Opperste Kampioen Dubbeldoel dier bekroon was by die Bloemfontein skou en Mr Silence 04B 021 (Silence Genetics (Pty) Ltd) wat as die “Supreme Champion Beef Bull” en goue beker wenner bekroon was by die Royal show in Pietermaritzburg.
Ses van ons telers sal by die Thabazimbi skou vertoon nl: Zet Zet Twee Pinzgauers, Grootboom Pinzgauers, Silence Genetics (Pty) Ltd, Bestiame Pinzgauers, John Wayne Pinzgauers en Guldenvrug Pinzgauers. Ons as Pinzgauer telers wil u graag hartlik uitnooi om na ons diere te kom kyk en met vrymoedigheid oor ons ras te kom gesels.
Plesier en wins – dis wat jy sien, as jy die Pinzgauer-bees van watter kant af ook al sien. En aanskou kan jy enige plek in die land, want Pinzgauers lewer top produksie waar jy hom ook al aanhou. Van Ceres in die Wes-kaap tot die swoele somers van Mooketsi en die vaal vertes van die Vrystaat. Die hele wêreld is Pinzgauer-wêreld. Oral maak hy hom ewe tuis en verbaas jou met sy gehardheid, vrugbaarheid en aanskoulike groei. Met hierdie hoedanigheid is dit geen wonder dat die verstandige vleisboere oor hulle voete val om die Pinzgauer-beeste en genetika in die hande te kry. Vleis en melkboere vind dat die gebruik van Pinzgauer bulle in kruisteelt vir hulle sinvolle voordele inhou. So gebruik die kans en kom sien ons vanjaar by die Thabazimbi Landbou en Nywerheid skou.
Vir meer navrae skakel gerus: Paul Bester 083 627 6899 of e-pos grootboom@zz2.biz of Isaih Ramathwala 0733378599 of Albert Nöffke 0834461180.