Topgehalte selfoon- en fotografiese winkel open sy deure!

THABAZIMBI – Thabazimbi het nou lank genoeg gewag vir ‘n ordentlike selfoonwinkel, asook vir ‘n topgehalte fotografiese winkel. Danie van Niekerk, nou ‘n reeds bekende sakeman van die dorp, het besluit: “Genoeg is genoeg!” en toe maak hy sommer albei gelyktydig oop. Onder die naam MEDHOF CELLULAR & KODAK word daar in die behoeftes van alle Vodacom verbruikers voorsien, asook in alle fotografiese verbruikers se behoeftes onder die vaandel van KODAK. MEDHOF CELLULAR & KODAK moet nie verwar word met MEDHOF APTEEK nie. Alhoewel al die besighede aan dieselfde eienaar behoort, is dit verskillende besighede, met verskillende ingange. MEDHOF CELLULAR & KODAK is geleë langs Medhof Apteek, in van der Bijlstraat, oorkant Konstructica hardeware. Dit is alom bekend dat Vodacom die grootste diensverskaffer vir selfone is, en juis daarom het Danie van Niekerk besluit op Vodacom. “As ek nie die grootste, die beste en die goedkoopste produkte aan my kliënte kan bied nie, dan los ek dit eerder” was sy kommentaar toe Die Kwêvoël hom daaroor gepols het. En was ons verbasing groot toe ons regtig sien wat hy daarmee bedoel! Hierdie man bedoel wat hy sê. Die ongelooflike aanbiedinge op selfone en kontrakte wat daar aangebied word,laat jou mond behoorlik water en oophang. Topgehalte selfone soos Nokia, Samsung, Sony Ericsson en meer is beskikbaar op kontrakte met baie lae maandelikse subskripsiefooie en dan kan jy nog ‘n kontantkaart met baie geld daarop ontvang.  ‘n Tipiese voorbeeld is ‘n Nokia 5000 selfoon met ‘n subskripsiefooi van slegs R135-00 per maand en ontvang ‘n kontantkaart ter waarde van R1800-00! Letterlik honderde soortgelyke aanbiedinge om van te kies en te keur is beskikbaar. Die vriendelike en opgeleide personeel van MEDHOF CELLULAR & KODAK sal jou ook help om die regte keuse vir jou spesifieke behoeftes te maak. Daarbenewens is daar ook ongelooflike aanbiedinge op skootrekenaars teen so laag as R319-00 pm x 36 maande en hierdie bedrag sluit die prys sowel as die subskripsiefooi in! En dit is nogal ‘n HP PRESARIO plus ‘n gratis USB modem plus ‘n gratis drasak ter waarde van R899-00 plus ‘n drie-jaar waarborg. Dit is beslis die moeite werd om ‘n draai daar te maak om self na die ongelooflike aanbiedinge te kyk, asook ander dienste soos kontrakte met opgraderings, internet verbindings, “top-ups en weekender plus” simkaart omruilings, 3 G en nog vele meer! Dan is die nuwe KODAK ook ‘n fotograaf se paradys, of jy nou professioneel is of sommer net mik-en-druk. Gaan laai jou eie foto’s af vanaf jou selfoon, kamera of enige ander medium.  Kies wat jy wil hê, druk dit self, vergroot, verklein, sit raampies om en nog baie meer.  KODAK gee absolute hoë kwaliteit en daarom kan waardevolle foto’s soos troues, doop, partytjies en baie meer by MEDHOF CELLULAR & KODAK ontwikkel word en jy kan verseker wees van die hoogste kwaliteit en kleurgehalte.  Ander dienste sluit in: Laminering, bind van boeke en leêrs, pamflette (ontwerp en druk), tik van CV’s of enige ander tikwerk, fotostate, fakse ontvang en stuur. Video kameras en ander bybehore is beskikbaar. MEDHOF CELLULAR sal beslis ‘n eenstop Vodacom en Kodak winkel wees wat in jou behoeftes sal voorsien. Alle selfoon gebruikers word nou wetlik verplig  om hulle selfoon nommers en simkaarte te registreer. MEDHOF CELLULAR bied hierdie diens gratis aan Thabazimbi.