Mad Mike en Mark by Bosveldfees

Elana Greyling
LEPHALALE – Die Lephalale Gemeenskapstoerisme vereniging, jaarlikse wenner van die beste stalletjie by die Bosveldfees, het vanjaar ‘n groot verrassing vir alle feesgangers.
Die maltrappe van Animal Planet, Mad Mark en Mike kom die Fees besoek en is heeldag by die GTV-stalletjie op Vrydag, 10 Julie. Mad Mike Tennnant en vennoot Mike toer die wêreld vol met hul toermaatskappy Animal Arts & Ancestors. Hulle is tans besig om die wonders van Suid-Afrika te ontdek en was al by die “Cradle of Mankind” en verskeie ander natuurwonders in ons land.
Hulle besoek die GTV Toerisme-stalletjie in ‘n poging om die natuurliefhebbers van Lephalale te ondersteun in hul pogings om natuurbewaring en omgewingsbewustheid eerste te plaas. Deur die dag sal hulle praatjies lewer oor hulle avonture. Hulle sal ook beskikbaar wees vir handtekeninge, geselsies en foto’s. ‘n Groot Vyf-verrassing wag ook op besoekers.
Die Toerisme-vereniging bied ook vanjaar in samewerking met Foto First ‘n foto-kompetisie aan wat deur die twee maltrappe beoordeel sal word. Foto’s van 5×7 kan ingeskryf word in drie kategoriee: Toerisme (Avontuur, Jag, Natuur, ens), Industrie (Mynbou, landbou en industrie) en Algemeen (stillewe, abstrak, mens of dierfoto’s). Elke kategorie-wenner sal ‘n A2-grootte van sy wenfoto ontvang geteken deur Mad Mike en Mark. Die algehele wenner sal ‘n A100 Fuji kamera ter waarde van R 1500 wen. Inskrywings kan ingehandig word by Foto First op Lephalale teen R 20 per foto voor Donderdag, 9 Julie om 5nm. Navrae kan gerig word aan Melanie of Anneke van Foto First  by 014-7632554.