Facebook fotokompetisie wenner aangewys

Die wenfoto wat deur  Chevenne Pistorius opgelaai is.
Die wenfoto wat deur Chevenne Pistorius opgelaai is.

Thabazimbi – Die wenner in die Facebook fotokompetisie is die afgelope week aangewys. Chevenne Pistorius loop weg met R1000 kontant, wat deur Die Kwêvoël geborg is, vir haar bydrae wat op die groep gepos is. Daar was oor die 100 inskrywings en die deelnemer wat die meeste ‘comments’ verwerf het vir sy foto, is aangewys as die wenner. Die volgende kompetisie waarin daar weer R1000 weggegee gaan word begin ook binnekort. In die kompetisie gaan deelnemers ‘n film van tussen 1 en 5 minute moet oplaai, en die film wat die meeste kommentaar veroorsaak, sal as die wenner aangewys word. Of dit nou verfilm is met ‘n moderne ‘video’ kamera of met ‘n selfoon, solank dit betrekking het tot Thabazimbi, is dit ‘n geldige inskrywing. Vir die wat graag wil inskryf, teken in op Facebook en doen ‘n soektog vir die groep ‘Thabazimbi”. Klik dan op “Join this group” en laai jou film op. Wenners sal 31 Augustus aangewys word.