Laerskool Thabazimbi vier vanjaar 75
THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi vier vanjaar sy 75ste bestaansjaar. Ter herdenking hieraan word daar weer gedenkplaatjies gemaak wat op die “Onthou”-muur in die Lapa aangebring sal word.
Daar is vyf jaar gelede met die 70-jarige reünie daarmee begin. Enige persoon wat verbonde is of was aan Laerskool Thabazimbi, mag so ‘n plaatjie bekom. Dit sluit in huidige en oud leerders, personeel en beheerliggaamslede vanaf 1934. Vir verdere navrae, kontak gerus die organiseerder, mev Rita Volschenk by 014 7771214 / 083 7448559.
Ter viering van die 75ste verjaarsdag word die Junior en Senior Operettes vanaf 17 tot 20 Augustus aangebied. Op 22 September gaan die leerders ‘n heerlike “kaskar”-dag met baie pret beleef, en die aand tree Jak de Priester met ‘n vol orkes op die buiteverhoog op. Daarmee saam kan gaste ‘n heerlike ete geniet.
Maak u klaar vir ‘n baie gesellige aand. Meer besonderhede hieromtrent sal nader aan die tyd deurgegee word.