Besige naweek vir Thabazimbi Gholfklub

THABAZIMBI – Verlede Saterdag se wenners van die IPS was Nita Barnard (36), Jeanette Rall (35), Toppie Olivier (33) en Arno Peschl (29). Die Ligaspan wat op Mogol teen die Veterane gespeel het het ook gewen. Dan is die toergroep wat die Suid-kus bane gaan trotseer het ook terug  met die “Ou Manne” as die wenners. Daar is darem niks wat ervaring kan klop nie.
Die laaste kompetisie van hierdie maand is die Vierbal Alliansie wat Saterdag 27 Junie gespeel gaan word. Onthou asseblief dat Vrydag 3 Julie weer Interaksie Gholf is. Spelers moet asseblief maar probeer om almal daar te wees. Juliemaand begin op Saterdag die 4de met die maandelikse Slagspel. Op 11 Julie speel die dames se A poel op Mogol en die B poel op Pietersburg liga. Dan is die Slag van die Bosveld op 18 Julie.
Elke Woensdag is dit nog steeds die Pick’n Pay Sonsakker met die Jolee gelukkige trekking.
Sageslede moet asseblief onthou dat hulle Maandag 6 Julie op Euphoria speel. Die speelgeld van R120 wat ook ‘n karretjie insluit moet voor of op 30 Junie by Vollie inbetaal word.