Sport

Northam Plats rol voort en wen Mogol

Jan Engelbrecht

SETARIA – Mogol se rugbyspan het Vrydag sy Moses teengekom op Northam Plats se veld  toe albei hul spanne pakslae gekry het. Dit was ‘n klipharde wedstryd waar geen genade gegee of gevra is nie.
Mogol het van meet af met alles geslaan wat hulle kon en voorlangs baie druk op Northam se span gesit. Maar die Rhinos het vasgebyt die druk verwerk en die tweede helfte gate in die verdediging gevind en met goeie hardloop rugby Mogol deurmekaar gehad. Northam se agterlyn met Andre Genis aan die voorpunt was baie gevaarlik en Mogol moes hulle keer ken anders het die telling lelik teen hulle gedraai.
Calvyn du Toit het ‘n reuse wedstryd gespeel en die stut het met tye soos ‘n wafferse senter met die bal rondgehardloop en ‘n hele paar groot duikslae ingesit wat redelik hoog op die rigter skaal geregistreer het. Flippie Smit speel week na week ‘n goeie wedstryd en die man verdedig soos ‘n tiraan. Rooikop Mark Humpries boesem baie vrees en respek in by sy teenstanders. Die man het net nie einde nie. Saam met hom moet die naam van Rory Cresswell ook genoem word.
Northam wen die wedstryd 13–6. Puntemakers aan Northam se kant met drieë was Wheelen Fortuin en Gabriel. PJ Jacobs slaag met ‘n strafskop.
Northam se tweede span is huidig in ‘n liga van hulle eie en die span wat die liga wil wen sal defnitief by hulle moet verbykom. Northam se agterlyn is sy sterkpunt en Mogol kon nie al die gate toestop toe die Rhinos aan die hardloop gaan nie.
Werner Breytenbach op agsteman weet hoe om die bal oor die voordeellyn te neem en dit gee momentum aan die span. Pollie Lindenberg en Andrew Burger, die twee flanke, speel net so lekker saam en die lostrio sal geen eerste span in die steek laat nie.
Dan moet die twee stutte van Northam genoem word wat saam ongeveer 106 jaar oud is,wat ‘n voorbeeld vir ons jongmense. Die twee manne het die hele wedstryd gespeel en meer as hulle man gestaan teen die jonger teenstanders van mogul.
Puntemakers aan northem se kant met drieë was Wheelen Fortuin, Bennedict Bosman en Christiaan van der Berg. Gerhard Cloete slaag met ‘n straf en ‘n doelskop en Phil Naude slaag met 2 doelskoppe.
Die Vrydag speel Northam en Thaba op Thaba se veld,so vir die fynproewer van klub rugby is die nie die wedstryd om te mis nie