Sport

Limpopo Juksei Unie 69ste Jaarvergadering

POLOKWANE – Die Limpopo Juksie Unie se 69ste jaarvergadering het op Saterdag 13 Junie om 10:00 plaasgevind.
Die bestuur en twee afgevaardigdes van elke klub, skole en Junior verteenwoordigers was teenwoordig. Die volgende spelers is aangewys as presteerders van die afgelope seisoen:
Veterane man: Bossie Liebenberg – Thabazimbi, dame: Joyce du Preez – Thabazimbi. Senior mans: Petri Boshoff – Polokwane se Mopanies en Francois van Zyl – Groblersdal se Olifante. Senior dame: Adri Muller. Dogters o/19: Mariaan Meyer – Polokwane. Seuns o/19: Karel Venter – Levubu en Francois van Zyl – Groblersdal.
Seuns o/13: Werner Swanepoel – Polokwane. Dogters o/13: Daphne Liebenberg – Thabazimbi. Seuns o/16: Kobus Esterhuizen – Polokwane. Dogters o/16: Marelize Pretorius – Polokwane en Hermien Naude – Thabazimbi. Marthie Vermaak verskyn op die Ererol, sy is 23 jaar betrokke in Limpopo ten opsigte van jukskei. Sy het die Unie verteenwoordig tydens SA Toernooie, is die eerste Sekretaris van Junior Jukskei Vereniging, is 17 jaar onafgebroke as spanbestuurder en reisouer vir die Juniors na Kroonstad. Die bestuur sien as volg daarna uit: Administratiewe beampte: Johan en Vanity Kotze. Bestuur – erevoorsitter: Fanie Genis. Voorsitter – Fanie Genis (Mokopane). Sekretaris: Bossie Liebenberg – Thabazimbi. Addisionele lede: Jannie Becker, Daan Botha en Johan Kotze, almal van Polokwane.
Hulpsekretaris: Anton Botha – Polokwane. Media Skakelbeampte: Marthie Nell – Bela Bela.