Kanker Gholfdag groot sukses
THABAZIMBI – Die Kanker Vereniging gholfdag wat verlede Saterdag by Thabazimbi Gholfklub aangebied is was ‘n groot sukses. Die kompetisie is in verskillende afdelings gespeel. Die wenners van afdeling A was Ettiene le Roux (40), Toppie Olivier (38) en Eugene Oberholzer (29); afdeling B R Conrad (34), Kerneels Viljoen (34) en Sarel Marais (32); afdeling C J Sanson (38), Christo Rall (34) en Jan du Plooy (33). Die wenners van die Dames afdeling was Esmé Behrens (38), Nita Barnard (35) en Maggie Hoffmann (31).
Sanlam, wat die kompetisie landswyd borg, word ook bedank vir hulle bydrae. Die plaaslike Sanlamtak verteenwoordigers was die heel dag teenwoordig en het gesorg vir die pryse en en ‘n heerlike dag se gholf. Dankie ook aan al die ander borge en die spelers wat die dag ondersteun het en ook die wat so mildelik gebie het tydens die veiling die aand. Die heerlike kos deur die dag is voorgesit deur Corne, die klub se eie restauranteur.
Die wenners van die verskillende afdelings gaan later vanjaar verder meeding in ‘n streekskompetisie. Die Streekswenners gaan dan op Sanlam se koste aan die finaal, wat op die Sanlameer Gholfbaan aan die Suidkus aangebied word, deelneem.
Agt van die klub se lede is weer saam met Derek Torlage op hulle jaarlikse toer na die Suid-kus.