Entertainment

Lekker kuier met KunsteGrot se verjaarsdag

THABAZIMBI –  Die KunsteGrot op Thabazimbi het Saterdag sy derde verjaarsdag op heel feestelike wyse met ‘n verskeidenheidskonsert gevier.

Verskeie gaskunstenaars, meeste plaaslik of met plaaslike verbintenisse, het vir pure luistergenot gesorg. Hier het E3n wat bestaan uit Edrien Erasmus en haar begeleider, Mariette Galjaard, asook Dalinda Snyman en Wouter van de Venter bewys dat groot talent ook uit klein dorpies kan kom.

Van die ander kunstenaars was Victor van Wyk met sy Elvis vertolking, Thabazimbi se eie sopraan, Nelre Benadé, Rainier le Roux asook Jessie Lang.

Na pouse het die kostelike eenbedryf, Ferraries & Paddas & Perde deur CeeGee aan die beur gekom en vir heelwat gelag gesorg. Die regie is deur Rita Volschenk behartig. Paul het vir die klank en Shane vir die beligting gesorg.

Soos gewoonlik is die vertoning met ‘n glasie sjerrie vooraf afgeskop om die winterkoue ‘n bietjie te verdryf.

Die aand is afgesluit met warm sop en broodjies waarna gaste litte kon losmaak met Jade Storm agter die mikrofoon.