100% prestasie sukses vir Thabazimbi Gimnastiekklub

THABAZIMBI – Onder die bekwame leiding van Joey Koekemoer kan sy breëbors staan oor die sukses van haar gimnaste die afgelope naweek, 6 Junie, by die Limpopo Provinsiale Spele te Louis Trichardt, waar al 15 die gimnaste in artistiese gimnastiek afdeling Limpopo Kleure verwerf het.

Die volgende 9 gimnaste het uitstaande prestasies getoon en is gekies vir die Limpopo Artistic Gymnastics Team wat die Limpopostreek sal verteenwoordig by die North Zone SA’s te Centurion op 26 en 27 Junie. Die punt in hakies verteenwoordig hul algehele gemiddeld:

Vlak 1: Petrus Marais [10.63] en Victor Tselane [11.14]. Vlak 2: Michelle Steyn [9.06] 2de plek vloer; Lara du Plessis [8.99]; Rose-Lea Holtzhausen [9.2]; Janco Blignaut [11.05] – [3de algeheel, 2de plek vloer, 3de plek sprong en brug]; Igee Theron [10.73] [3de plek brug en rekstok]; Marco Myburgh [10.89] en Tegan Theron [10.96].

Alle sukses word die gimnaste toegewens vir die komende kompetisie.