Boere nou veiliger met nuutste telekommunikasie

Mnr Len Nel, stigter van Ichthus telecoms en gemagtigde handelaar van Skywire Technologies saam met Thabazimbi se agent vir Skywire Technologies, Ronel Enslin.
Mnr Len Nel, stigter van Ichthus telecoms en gemagtigde handelaar van Skywire Technologies saam met Thabazimbi se agent vir Skywire Technologies, Ronel Enslin.

THABAZIMBI – Die huidige veiligheidsituasie op Suid-Afrikaanse plase, toon dat die eiesoortige SA probleem soos misdaad, dit verhoed dat die landbousektor floreer en bydra tot die ontwikkeling van landelike boerderygebiede.
Interpol het in 2004 erken dat boerdery in Suid-Afrika die gevaarlikste beroep ter wêreld is. Hiervan getuig die skokkende misdaadsyfers wat veral deur verskeie landbou-belangegroepe beskikbaar gehou word. Volgens me Annette Kennealy, wat by steunkringoptredes vir boere in Limpopo betrokke is, is ‘n plaasaanval nie net ‘n koeël in die kop nie. In sommige gevalle hou martelinge ure lank aan en word slagoffers se liggaamsdele afgesny terwyl hulle leef.
‘n Toenemende probleem soos koperkabeldiefstal wat heelwat boere van kommunikasiedienste beroof, vererger die situasie deurdat boere kwesbaar en sonder enige kommunikasiemiddele uitgesonder kan word vir moontlike plaasaanvalle.
Ichthus Telecoms bied vir die eerste keer in die geskiedenis van die nuutste tegnologie en ook in Thabazimbi ‘n produk aan wat die publiek en veral boere in staat sal stel om selfs internasionaal te kan onderhandel teen lae koste.
Ichtus is in 2008 deur mnr Len Nel, wat ongeveer 31 jaar ondervinding in internasionale handel het, gestig. Huidig is mnr Nel besig met bemarking van telekommunikasie en het homself gevestig in ‘n bemarkingsportefeulje by Mia Samsung SA. Dié maatskappy het geen bekendstelling nodig nie en as een van die grootstes ter wêreld, wil hul nou betrokke raak in die daarstelling van betroubare kommunikasie stelsel in die gebiede verwyder van die infrastruktuur wat by stede bestaan. Dit bring ‘n groot koste besparing na die platteland en hul tegniese agtergrond en vaardigheid bring mee dat die veraf geleë plekke nou geensins meer hoef terug te staan vir enige nuwe tendense wat in die kommunikasie bedryf op stedelike vlak beskikbaar is nie. Trouens, die diens op die platteland gaan die diens in die stede een ding ver voor wees, naamlik dat dit nie blootgestel sal wees aan die koper-diefstalle van die stede nie, omrede Samsung van sateliet verbindings gebruik maak. Samsung kan die area bedien met ‘n foutlose “Wi-fi” diens wat sal skakel met ‘n bestaande multi netwerk. Dit skakel met ‘n paar sateliete en waarborg die huurder om nooit weer sonder enige konnektiwiteit te wees nie. Veral toerisme-instansies sal ook hierby baat vind. Vir meer inligting kontak mnr Len Nel by ichthus@telkomsa.net.