Maak jy die beste boerewors? – skryf nou in
Die Shoprite Checkers 2009 Championship Boereworskompetisie is op 18 Mei bekendgestel en die kenners se soektog na Suid-Afrika se No. 1 Boerewors het begin!. Die wenner van die kompetisie loop nie net weg met die Boereworskroon nie, maar sal ook wegry in ‘n splinternuwe TOYOTA Hilux 2.7 Dubbelkajuit Raised Body Raider!
Of jy glo in dik boerewors of dun, daarvan hou volgestop met speserye of net effe gegeur met vars kruie, of jy nou vas glo dat boerewors eers moet afkoel of oortuig is dat die beste boerie reguit van die kole af geëet word – almal glo dat hulle die wengeheim het vir die voorberei en gaarmaak van die smaaklikste en sappigste boerewors.
Kan jou geheim spesiaal genoeg wees om vir jou die titel as Suid-Afrika se Boereworskampioen te besorg?
Boerewors-maak is ‘n ernstige storie. Dit is vir hierdie rede dat Suid-Afrika se vermaaklikheidster en passievolle koslegende, Nataniël, vier kos bekendes aangestel het om hom te help soek na enige iemand in die land wat dink hy of sy het ‘n boerewors resep wat uniek en smaaklik genoeg is, om in te skryf.
Shoprite en Checkers se Championship Boerewors moet ‘n tradisionele boerewors wees en daar is streng riglyne vir die maak van die ware jakob. Die Suid-Afrikaanse Sjefsvereniging (SACA), erkende kosfundi’s in Suid-Afrika, sal verantwoordelikheid neem vir alle beoordelingsprosesse, en seker maak dat deelnemers die voorgeskrewe riglyne volg vir die maak van ‘n eg tradisionele boerewors.
Die vier fynproewer beoordelaars – bekroonde restaurateur, Peter Veldsman; welbekende SA kosredakteur, Dorah Sitole; befaamde restaurant eienaar, Reuben Riffel; en Sunday Times Sjef van die Jaar, Arnold Tanzer – sal met hul koskundigheid vir Nataniël en SACA bystaan om te sorg dat hierdie jaar se Championship Boerewors nie net aan die streng riglyne voldoen nie, maar in alle opsigte ‘n ware wenner is. In aanloop tot die finaal sal daar ongeveer 80 streeksuitdunne by uitgesoekte winkels landwyd gehou word op Saterdae 15, 22 en 29 Augustus. Wenners van die streeksuitdunne sal meeding in tien provinsiale rondtes op Saterdag, 19 September 2009. Die hoogtepunt van die kompetisie is die Grand Finale by Sun City op 3 Oktober waar al tien provinsiale finaliste sake sal uit spook om te bepaal wie wegloop met die gesogte Boerewors-kroon. Finaliste word na Sun City geneem en kaartjies na Skouspel en verblyf is deel van hulle prys as finalis.
Shoprite and Checkers is trots op Suid-Afrika se boerewors tradisies en om dit te vier bied die supermarkgroep jaarliks die Championship-boereworskompetisie aan. Die groep is alom bekend vir die uitmuntende gehalte van vleis in al sy vleismarkte en voortdurend op soek na nuwe resepte en idees sodat die groep aan verbruikers net die beste in verskeidenheid en gehalte kan bied. Die jaarlikse boereworskompetisie speel ’n kernrol daarin om hierdie doel te help bereik.
Inskrywingsvorms is beskikbaar by enige Shoprite, Checkers of Checkers Hyper vleismarkte of aanlyn by www.championshipboerewors.co.za.
Is jy die volgende Boereworskampioen? Skryf dan nou jou resep in vir ‘n oudisie en laat die beoordelaars besluit! Inskrywings sluit op 10 Julie 2009.