General

Pieter in wit limo na wit leeus

Pieter Jooste, die 15-jarige breinkankerlyer, sit hier in die limosien waarin hy ‘n uitstappie onderneem het saam met sy gesin.
Pieter Jooste, die 15-jarige breinkankerlyer, sit hier in die limosien waarin hy ‘n uitstappie onderneem het saam met sy gesin.

Hennie Pauw
THABAZIMBI – Thabazimbiërs het hande gevat om die droom van die 15-jarige breinkankerpasiënt, Pieter Jooste, om in ‘n limosien te ry, te realiseer.
Op Maandag 25 Mei is Pieter en sy gesin opgelaai en in styl per limosien na Akasia Lodge vervoer waar hulle ‘n heerlike dag saam die wit leeus geniet het, en op ‘n ete getrakteer is.
Cheryl Herbert, ‘n familievriendin en KANSA vrywilliger, en Lize Momberg, KANSA Thabazimbi koördineerder, het dadelik aan die werk gespring om die reëlings te tref om hierdie droom van Pieter te realiseer.
Volgens Momberg was dit wonderlik om te sien hoe maklik die reëlings verloop het danksy die betrokkenheid en skenkings van die gemeenskap van Thabazimbi. Sy sê dit was voorwaar ‘n ondervinding vir almal teenwoordig wat nie gou vergeet sal word nie.