Entertainment

Vliegdag bied vanjaar meer as net vliegtuie

THABAZIMBI – Werk is druk besig by die Thabazimbi vliegveld deur die Kransberg Vliegklub lede, om die terrein gereed te kry vir vanjaar se Kumnandi Fly-In wat volgende Saterdag, 30 Mei op die Thabazimbi vliegveld aangebied word.
Almal word hartlik uitgenooi om in die prettige dag te kom deel. Vanjaar soos oudergewoonte ondersteun Kumnandi Fly-In weer ‘n saak wat harte sal laat roer. Die mikpunt is om finansiële verligting te bring aan ‘n gesin met ‘n jong seun wat tans behandeling vir Leukemia ontvang.
Kumnandi Fly-In spog met kunstenaar optredes laat namiddag. Hans Drommedaris het reeds vir hom naam hier in Thabazimbi gemaak en saam met hom sal Rea Le Roux, Ferdi Reo en Armand Hofmeyr optree. Daar sal allerlei stalletjies deur die dag met heerlike eetgoed en uitstallings te kus en te keur wees. Vir die dorstiges word daar ‘n biertuin ingerig.
Kom lag en lawaai saam op die paviljoene terwyl die brullende vliegtuie besoekers vermaak met hul vertoonvlug avontuur. Meer as 70 vliegtuie word verwag. Hieronder is twee ou strydosse van die Suid-Afrikaanse Lugmag, Harvard opleidingsvliegtuie asook ‘n Tiger Moth en vele meer.
Die AP kerk maak hul parkeer terrein beskikbaar vir die dag, en rig ‘n hekkie op tussen die vliegveld en kerk gronde vir u gerief. Dit sal die enigste besoekers ingang vir die dag wees. Ingang is slegs R20 per volwassene en R10 vir die onder 10 jaar. Die hekke sal vanaf 09:00 oop wees vir die publiek.
Kom ondersteun ‘n ware gemeenskaps projek en geniet in alles wat Kumnandi Fly-In u bied.