Sport

Thabazimbi Boogklub Liga Kompetisie.

Grieta Cordier en Marieta Jansen het deelgeneem aan die eerste van ‘n reeks Boogskiet kompetisie op Saterdag 16 Mei 2009
Grieta Cordier en Marieta Jansen het deelgeneem aan die eerste van ‘n reeks Boogskiet kompetisie op Saterdag 16 Mei 2009

THABAZIMBI – Thabazimbi Boogklub het Saterdag 16 Mei 2009 hul eerste in ‘n reeks van Boogskiet kompetisies aangebied met groot welslae.
Liga Bowhunter kompetisies word ooral oor die Limpopo en Mpumalanga gehou tussen Klubs wat by SANIFAA geaffilieer is. Besoeker skuts het van so ver as Tzaneen opgedaag met ‘n groottotaal van 6 klubs wat hier byeengekom het om aan die kompetisie deel te neem.
Liga Bowhunter kompetisies het baie gewild geraak onder die boogjagters wat graag hulle vernuf wil opskerp en dan ook terselfdertyd onderling kompeterend en  mededingend wil wees.
Die Voorsitter van Thabazimbi Boogklub, Tjaart Scheepers, was so bemoedig met die groot getal besoekende skuts en hulle entoesiasme, dat hy onmiddellik besluit het om die volgende byeenkoms te begin beplan. Die SANIFAA Limpopo Voorsitter verteenwoordiger, Hannes Roux, was ook die naweek teenwoordig en het ook deelgeneem aan die kompetisie waarna hy met groot lof gepraat het oor die lieflike baan sowel as die natuur waarin die kompetisie plaasgevind het.
Met 14 3D sowel as 14 2D teikens was die kompetisie vir ieder en elk ‘n groot uitdaging.
Volgens Tjaart Scheepers is Thabazimbi Boogklub, die oudste boogklub in Thabazimbi, wat al in die verlede wêreld kampioenskappe hier aangebied het, en streef daarna om weer sulke standaard van kompetisies hier aan te bied. Tjaart nooi alle belangstellendes uit om hom te kontak by 083 707 2855 of Hannes Scheepers by 083 490 9743.