Rugby Super 12 wenners

PRETORIA – Al die Rugbyspanne van Laerskool Thabazimbi het op 23 April 2009 deelgeneem aan die Super 12 Semi-finaal en finale wedstryde by die LC de Villiers stadion te Pretoria.
Die spanne het hulle harte uit gespeel, maar dit is veral die 0/11 spannetjie wat aandag getrek het. Hierdie spannetjie seuns het albei hulle wedstryde gewen en het as Super 12 wenners uit die stryd getree. Mnr Kerneels Viljoen hulle afrigter, asook elke speler wat sy beste gegee het word hartlik geluk gewens.