Sport

Northam Hengelklub

Die afdeling-wenners tydens die maandelikse hengelkompetisie van die Northam Hengelklub was (van links) Nicolene Heydenrych (Dames), Armand Pretorius (Penkoppe), Edwin Aylward (Mans) en Nico Geldenhuys (Juniors).

SETARIA – Die Northam Hengelklub se maandelikse kompetisie het die afgelope naweek by die Konsentratordam naby Northam plaasgevind.
Die wenner van die onderskeie afdelings is bepaal deur die hengelaar wat die meeste punte behaal het. Vir elke vis wat gevang is, het ‘n hengelaar 10 punte gekry sowel as 10 punte vir elke kilogram wat die sak in totaal geweeg het, met ander woorde 10 punte per vis en 10 punte per kilogram.
In die Penkop-afdeling was die wenner Armand Pretorius. Wihan Oosthuizen was tweede en Theuns Heydenrych derde. In die Junior-afdeling was Nico Geldenhuys eerste, Jaco Geldenhuys tweede en Mauritz Claasen derde.
Nicolene Heydenrych het die Dames-afdeling gewen, met Judith Pretorius tweede en Ellen Evert derde. In die Mans-afdeling was Edwin Aylward eerste, Willem Heydenrych tweede en Tokkie Burger derde.