Entertainment

KunsteGrot vier derde verjaarsdag

THABAZIMBI – Dit is tyd vir groot fees by die KunsteGrot in Thabazimbi wanneer die teater op 6 Junie sy derde verjaarsdag vier.
Die afgelope drie jaar het ‘n verskeidenheid bekende kunstenaars in die KunsteGrot opgetree. Hulle reaksie was voor die voet: “Lekker, ons wil weer kom!”  Dit som in kort die atmosfeer in die teater op – dis “cosy” en lekker. Nou bied hulle ‘n besondere aand aan die gemeenskap. Bespreek net vir u kaartjies en beleef dit saam met  hulle.
‘n Unieke groep kunstenaars, almal met wortels in Thabazimbi, gaan optree. Hieronder is Victor van Wyk met sy Elvis-Show, Wouter van de Venter en Dalinda Snyman, Jessie Lang, Nelri Benadé en Rainier le Roux asook Edrien Erasmus en Mariëtte Galjaard (E3n).
Daarna is daar ‘n kort, kragtige, skreeusnaakse komedie deur RiVoToneel.  ‘n Heerlike winter-ete en kuier volg met gepaste agtergrond musiek, ‘n kampvuur wat hoog brand vir diegene wat buite wil kuier.
Paul Dreyer gaan daarna sorg vir regte, egte dansmusiek en vir die jongklomp se litte gaan Jade van Wyk sorg.  Dit alles vir slegs R100.
Kontak nou dadelik vir Rita by 083 7448559 om te verseker dat jy nie die aand se jolyt misloop nie.