Sport

Jukskei-klubs kies nuwe bestuur

In Aprilmaand het die vier klubs wat by die Nylwyksbond geaffilieer is hul afsonderlike jaarvergaderings gehou. Besture vir die 2009/10 seisoen is verkies en die volgende persone in elke klub sal omsien na die belange van sy klub se spelers.
Tarentale (Mokopane): Fanus Genis – Voorsitter; Amanda Beeslaar – Ondervoorsitter; De Graaff Genis – Sekretaris en Martie Nell as Media Skakelbeampte.
Olifante (Groblersdal): Cois van Zyl – Voorsitter; Tinus Joubert – Ondervoorsitter; Berrie Keyter – Sekretaris; Santjie Venter – Tesourier.
Thabazimbi: Bossie Liebenberg – Voorsitter; Gerhard Booyens – Ondervoorsitter; Anna Venter – Sekretaris; Bets Els – Tesourier.
Naboompark (Mookgopong): Alice Pienaar – Voorsitter; Jan Kleynhans – Ondervoorsitter; Hettie Bezuidenhout – Sekretaris; Frans Potgieter – Tesourier.
Die bestuur word voorspoed toegewens met die nuwe seisoen.