Thabazimbi Stapklub

Groepfoto: Die Thabazimbi Stapklub het die Rustenburg Natuurreservaat-roete gestap, op die foto is voor vlnr: Didi, Wanita en Andrie. Agter vlnr: Gene, Barry, Hugo Coetzee , organiseerder van die staproete, Lourens, Leanie en Hugo.
Groepfoto: Die Thabazimbi Stapklub het die Rustenburg Natuurreservaat-roete gestap, op die foto is voor vlnr: Didi, Wanita en Andrie. Agter vlnr: Gene, Barry, Hugo Coetzee , organiseerder van die staproete, Lourens, Leone en Hugo.

RUSTENBURG – Die Thabazimbi Stapklub het die naweek van 17 – 19 April die Rustenburg Natuurreservaat-roete gestap wat uit twee afsonderlike sirkelroetes bestaan.
Volgens Hugo Coetzee, organiseerder van die staproetes, is die roetes redelik moeilik, maar stappers word beloon met baie mooi uitsigte op talle plekke. Die unieke oornag fasiliteite wat saam met die omgewing smelt, is verbind met hout loopweë. Op die tweede dag van die roete word in ‘n kloof gestap met talle watervalle en poele met asemrowende uitsigte. Die water in die kloof se bron is ‘n natuurlike vlei aan die bo-kant op die plato waar ‘n natuurlike sponsagtige opvanggebied is. Die twee onafhanklike staproetes is interessantshalwe geleë in ‘n tipiese Hoëveld asook Bosveld-klimaat en verskil dus redelik drasties van mekaar.
Vir enige inligting rakende die stapklub, kontak gerus vir Hugo Coetzee by tel 014 772 1836 of 082 562 5774.