TBZ Rugbyklub vaar goed teen Anglo Platinum Rugbyklub
Riaan Pretorius
Thabazimbi – Die 2 rugbyspanne van Thabazimbi Rugbyklub het op Vrydagaand 8 Mei 2009 teen Warmbad te Warmbad gaan speel.
Die Tweedespan, wat ‘n hele aantal spelers aan die Eerstespan moes afstaan, het in die eerste helfte baie gesukkel om op dreef te kom. Warmbad wat met ‘n verwoede tempo begin het, het Thaba halftyd in die moeilikheid gehad en was 8-0 voor. Thabazimbi het vroeg in die tweede helfde gaan druk waarna Warmbad nie weer in die wedstryd kon kom nie. Thabazimbi het nog 2 keer gaan druk en die wedstryd 21-8 gewen. ‘n Speler wat uitgestaan het in hierdie wedstryd is Kobus Baard . Die puntemakers vir die Tweedespan: Kobus Baard met 2 drieë, Matthys Schoeman met 1 drie en Ian Meintjies wat alles verdoel het.
Die Eerstespan het van die staanspoor af gewys hoekom hulle weer die liga wil wen. Met die halftyd telling op 3-0 in Thaba se guns het almal geweet hier kom ‘n super wedstryd. In die eerste 20 minute van die 2de helfte, met ‘n stukkie briljante spel deur Ettiene du Plessis is Thabazimbi 10-0 voor. Met tyd amper verstreke, het Warmbad ‘n laaste poging aangewend om die telling 10-7 te maak.
‘n Strafskop in die tweede laaste minuut deur André Beer bring die telling na 13-7 in Thabazimbi se guns. Na spel hervat is, gaan druk Warmbad ‘n drie, maar die drie word nie toegeken nie en die telling bly 13-7 in Thabazimbi se guns.
Puntemakers vir die Eerstespan: Ettiene du Plessis met 1 drie en Andre Beer 2 strafskoppe en 1 verdoel.
Na drie wedstyde in die Liga lyk die punte so:
Tweedespan: Thabazimbi – Nylstroom 18-7; Thabazimbi – Union 62-0; Thabazimbi – Warmbad 21-8
Eerstespan: Thabazimbi – Nylstroom 21-15; Thabazimbi – Union 30-7; Thabazimbi – Warmbad 13-7
Die Thabazimbi Rugbyklub speel op Vrydagaand 15 Mei om 20:00 teen Vaalwater op Thabapark. Ondersteun die manne en kom geniet ‘n heerlike Rugbyaand.