Pro-Bow skutte presteer

BRITS – Die Boogskuts van Pro-Bow Boogklub het die afgelope naweek weereens goed presteer by die Nationale SABA Boogskiet Kompetisie wat by Arrow Rest Brits aangebied was: Die uitslae is as volg: 1ste Mans Senior Henk Engelbrecht met ‘n telling van 94%, 1ste Dames Senior Antoinette Herman (76%), 1ste Seuns Junior Quintin J van Vuuren (100%), 1ste Seuns Cubs Dylan Robinson (82%), 2de Seuns Cubs Abraham Fourie (54%), 2de Dogters Cubs Niane Engelbrecht (76%). Ander skuts wie sertifikate ontvang het vir tellings bo 80%: Dean Robinson (88%) en Awie Fourie (82%). Na aanleiding van ‘n vorige berig kan daar bevestig word dat Pro-Bow klub voorloop in die Klubkampioenskap.
Belangstellendes in hierdie toenemend gewilde sportsoort kan Hein Holtshauzen by 083 701 3039 of Hannetjie Engelbrecht by 073 674 9956 kontak .