Perdespring by Expo hoogtepunt vir ruiters
THABAZIMBI – Die perdespring skou tydens die Thabazimbi Wild en Toerisme Expo was volgens menige perderuiter ‘n hoogtepunt op die program.
Die perdespring skou was ‘n groot sukses met ruiters en perde van Bela-Bela, Gauteng, Potchefstroom en dan al die plaaslike ruiters. Die baanbouer, Willie Koch van Gauteng, het seker gemaak dat elke item se baan anders gelyk het. Die beoordelaar was Ronel Stigling en as kommentator Gerdus Lee van Gauteng en Sonja Janse van Vuuren van Arwin Equestria as sekretaresse.
Toeskouers kon ook vir Enos Mafokate van Soweto in aksie sien. Enos het alreeds bekendheid as internasionale ruiter verwerf.
Daar is gesorg vir groot vermaak en die Afgri Jack in the box, cable stitch pairs 70cm –item het die meeste toeskouers gelok. Hierdie item is gewen deur die span van Kensane Maluleke met Lucky en Suzette de Villiers met Solid Ridge. Die ander item wat vir groot vermaak gesorg het, was die Thabazimbi Drukkers Bare Back jumping, waar ruiters sonder sale gespring het. Lindie de Beer met Wairwolf en Liandi Pienaar met Solar Princess het hulle rondte skoon gespring sonder om af te val.
Die ander uitslae van die skou was as volg:
Midas lead rein (30-40cm) het die volgende ruiters skoon rondtes: Karabo Mafokate met Jaka Majaka en Nelda Wessels en Anselou Wessels met Magical Mushu. Kentucky Fried Chicken Pop Event (50cm) het Karabo Mafokate met Jaka Majaka en Donne met Diesel ‘n skoon rondte. Spur Jump For Joy (50cm) het Karabo Mafokate met Jaka Majaka ‘n skoon rondte. Thaba Nkwe Bushveld Inn Competition (60cm): Eersteplek – Liandi Pienaar met Troy, tweedeplek – Hannes van der Walt met Golden Shadow. Granyll Electrical Competition (70cm) met die Kodak Wisseltrofee: Eersteplek – Sune van Tonder met Jolly Joker, tweedeplek – Liandi Pienaar met Troy.
Ross Electrical Competition (80cm) met die AL Coetzee Trofee: Eersteplek – Sune van Tonder met Jolly Joker en tweeplek – Lindie de Beer met Visa.
Xenia Pharmaceuticals Accumulator (80cm) met Thaba Spar Wisseltrofee: Eersteplek – Suzette de Villiers met Solid Ridge en tweedeplek – Sune van Tonder met Jolly Joker.
Ehlers Elektries Competition (90cm) met die Kodak Wisseltrofee: Eersteplek – Enos Mafokate met Wes Salmy en tweedeplek – Melissa de Beer met Oppressor.
Obaro Accumulator (90cm) met die Engen Skild: Eersteplek – Enos Mafokate met Wes Salmy en tweedeplek – Gillian Trollope met Corn Time. Protea Coin Group Competition (1.00m) met AB Labour Wisseltrofee: Eersteplek – Melissa de Beer met Oppressor en tweedeplek – Enos Mafokate met Wes Salmy. Wes Feeds Competition 1.00m met Wes Feeds Wisseltrofee: Eersteplek – Lindie de Beer en tweedeplek Melissa de Beer.
Die volgende perdespring skou op Thabazimbi gaan by Arwin Equestria plaasvind. Hou Die Kwêvoël dop vir die datums.