Koedoe Quad Fun Run propvol toertjies en pret
KOEDOESKOP – Die jaarlikse Koedoe Quad Fun Run wat deur Laerskool Koedoeskop aangebied word, het op 1 Mei tydens die Expo plaasgevind.
Van vroeg af was al die opgewonde deelnemers reeds op die skoolterrein om hulle fietse op die regte plekke te parkeer en om hul nommers asook hulle gelukkige pakkie te ontvang. By die Skool van Kampioene, waar almal wenners is, het hulle ook reeds voor die wegspring elkeen ‘n medalje ontvang.
Die wegspring het net na nege plaasgevind en toe moes die wegspring weer plaasvind nadat ‘n paar van die meer opgewonde jaers per ongeluk in die verkeerde paadjie beland het. Die “two-wheelers” het eerste weggespring gevolg deur die quads. Die roete was hierdie jaar ongeveer 100km lank en het almal net een rondte gery.
Iets nuuts, wat vir groot opwinding en baie lag gesorg het, was die “flat track” op die plaas van Roland van Tonder. Die flat track was 5.8km lank en hier kon die manne wys wie is die vinnigste onder die vinnigstes, wie toertjies kan doen en ook wie is die “spesiale deelnemer”…. Die leuse by quad runs is “no helmet, no ride” Die spesiale deelnemer het met sy groot lang lyf, op ‘n ou klein fietsie gery met, ’n sweishoed aan. Dit het gemaak dat almal gekrul het van die lag. ‘n Paar opgewonde boere het sommer met hulle Jeeps aan die tydren by die baan deelgeneem… Andries Pretorius het as wenner uit die boere-stryd getree.
Hierdie jaar het die prysuitdeling in die vorm van ‘n gelukkige trekking plaasgevind, maar die organiseerders het tog besluit om vir die eerste fiets wat ingekom het, ‘n prys te gee, naamlik Sarel van Rensburg.
Laerskool Koedoeskop wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om die volgende mense te bedank: Die deelnemers vir hulle ondersteuning ‘n paar van hulle het ver gery om die opwindende roete te kon mee maak. Aan al die ouers en onderwysers wat die dag moontlik gemaak het – julle is almal wenners! Henk Havenga ‘n besonderse woord van dank vir jou uitstekende diens en ondersteuning wat jy aan die beseerders gelewer het. Al die boere van die omgewing wat hulle plase beskikbaar gestel het sodat die die roete uitgelê kon word, almal wat betrokke was by die bou van die flat track, al die borge sonder wie so ‘n dag nie moontlik is nie. Die organiseerders sien reeds uit na volgende jaar se Wildsfees.