General

Eggenote verloor haar stryd teen breinkanker

Susan du Preez het in die middernagtelike ure van Donderdag 7 Mei haar stryd teen breinkanker verloor.
Susan du Preez het in die middernagtelike ure van Donderdag 7 Mei haar stryd teen breinkanker verloor.

THABAZIMBI – Dit is met groot hartseer dat daar van Susan du Preez oftewel “Tannie Susan” soos almal haar geken het afskeid geneem word.
Tannie Susan is Donderdagnag 7 Mei 2009 nadat sy haar stryd teen breinkanker verloor het, op die ouderdom van 54 jaar oorlede. Volgens haar man Petrus du Preez was die laaste paar dae baie moeilik en hartseer. Hy en sy gesin het haar bygestaan net waar hulle kon. Susan is veras gevolg deur die roudiens op Woensdag 13 Mei te Rustenburg.
Petrus bedank graag vir Rykie May van Helpende Hande vir al die bystand en ondersteuning die afgelope paar maande. Ook vir die gemeenskap vir al die sms’e wat gestuur was deur vriende en familie, die personeel van Bosveld Apteek, Amandelbult bestuur en die susters by die myn by name Petra en haar kolegas word bedank vir die bystand dag en nag. Petrus bedank ook almal vir hul hulp, ondersteuning en besoeke.