Entertainment

“Expert” skutte by Expo

Gerrie van der Westhuizen wen die Senior mans afdeling tydens die Boogskietkompetisie wat gedurende die Expo aangebied is.
Gerrie van der Westhuizen wen die Senior mans afdeling tydens die Boogskietkompetisie wat gedurende die Expo aangebied is.

THABAZIMBI – Die Thabazimbi Wild en Toerisme Expo wat vanaf 30 April aangebied was, het talle kranige boogskuts gelok na die boogskietkompetisie wat op Saterdag 2 Mei by die Koos Cronje Skietbaan plaasgevind het. Die 41 skuts wat vir die kompetisie ingeskryf het, is glad nie deur die reën afgeskrik nie en het goeie punte behaal.
Die wenners was as volg : Senior mans 1ste Gerrie van der Westhuizen (Standerton), 2de Gert Pretorius (Pretoria)en 3de Jacques van Niekerk (Tzaneen). Senior Dames: 1ste Erika Pretorius (Pretoria), 2de Antoinette Herman (Pro-Bow) en 3de Magda Fourie (Pro-Bow). Junior Seuns: Regan Harold (Pro-Bow), 2de Johan Pretorius(Pretoria) en 3de Maurits Claasen (Pro-Bow). Cubs Seuns: 1ste Chad Pretorius(Pretoria), 2de Dylan Robinson (Pro-Bow) en 3de Andre Pretorius (Pretoria). Met die prystrekking het die volgende skuts wie almal bo 70% geskiet het jagpryse gewen: Erika Pretorius wen ‘n blouwildebeesjag met verblyf by Motsumi Lodge, Gerrie van der Westhuizen wen ‘n rooibokramjag met verblyf by Thaba Motswere Lodge, Francois Botha wen ‘n vlakvarkbeerjag met verblyf by Thaba Motswere en Dylan Robinson wen ‘n rooibokooijag.
Die kompetisie was aangebied in samewerking met Pro-Bow Boogklub en Thabazimbi Boogklub het gesorg vir iets te ete en veel te drinke.