Entertainment

Sport en speletjies met Cook Out

Deelnemers moes eers meel-gevulde ballonne bars om te bepaal wanneer hulle gaan deelneem, en toe verdwyn die gesigte in ‘n meelwolk.
Deelnemers moes eers meel-gevulde ballonne bars om te bepaal wanneer hulle gaan deelneem, en toe verdwyn die gesigte in ‘n meelwolk.

THABAZIMBI – Voornemende deelnemers aan die Ready Steady Bush Cook Out moes vanjaar eers ‘n kwalifiserende rondte deurgaan om te bepaal in watter volgorde hulle ‘n beurt gaan kry.
Die Ready Steady Bush Cook Out het deel uitgemaak van Vrydag se aktiwiteite by die Expo waartydens deelnemers uit bestanddele wat aan hulle voorgesit is, die beoordelaars met hulle dis of disse moes beïndruk.
Vrolike partytjie veiligheidsbrille is uitgedeel en die spanne het ballonne geblaas tot hulle bars. Die brille was daar om enige eise te vermy indien die ballon sou bars en die wit poeier, wat later as Mezina geïdentifiseer is, aan hulle oë blootgestel sou word. Gasmaskers was nie nodig nie, want dis nie so skadelik om ongeïdentifiseerde wit poeier te snuif nie, mits jy weet wat dit is.
Die aanbieders, Hannes van Wyk (Krynauw van Egoli) en Johrné van Huyssteen van die groep Disselblom asook een van die MK aanbieders, het hulle goed van hul taak gekwyt om die deelnemers en die gehoor in voeling met mekaar te hou.
Die organiseerders bedank dan ook Thaba Spar vir die verskaffing van die bestanddele en veral Alet van Thaba Spar wat gesorg het dat al die hardeware daar was.