General

Onnies vlieg vir Fondse

paraglidingOp Vrydag 17 April 2009 het die Laerskool Thabazimbi‘n skermsweefkompetisie gehou as deel van hul jaarlikse fondsinsameling. Leerlinge van die skool het papierbordjies gekoop en op die rugbyveld neergesit waarop onderwysers moes land tydens die tandemvlugte om die leerling op wie se bordjie geland is, die wenner te maak. Die 1ste prys was ‘n stewige R500, die 2de prys R250 en ‘n 3de prys R100. Juffrou Carien, Mnr Kerneels en Juffrou Elna was die dapper personeel wat die tandemvlugte gedoen het. Juff Carien het eerste geland en Jac van den Linde was die wenner van die R500. Mnr Kerneels het tweede geland en Anja de Beer het die R250 prys geld gewen. Nadat die windrigting verander kon Juff Elna nie vlieg nie. Monique Pelser het die 3de prys ontvang van Oom Waldo Mienie voorsitter van die Cloud Busters Klub.