Entertainment

Helenè Bester tree op by die KunsteGrot

 Die nimlike rooikopnooi met haar mooi stem, Helené Bester, tree Saterdag 16 Mei in die KunsteGrot op Thabazimbi op.
Die nimlike rooikopnooi met haar mooi stem, Helené Bester, tree Saterdag 16 Mei in die KunsteGrot op Thabazimbi op.

THABAZIMBI – Helenè Bester, die rooikop gunsteling by Skouspel en verskeie kunstefeeste, tree Saterdag 16 Mei in die KunsteGrot op. Sy vervang Melktertkommissie wat weens probleme hul optrede moes kanselleer.
Helenè Bester matrikuleer in 1994 aan die Hoër Meisieskool Hugenote in Springs, waar sy ook grootgeword het. Sy het aan die destydse PUK haar honneursgraad in radio-joernalistiek behaal. Tydens haar studiejare is sy tweekeer aangewys as hul mees belowende kunstenaar deur die ATKV. Sy was ook lid van die Alabama-studentegeselskap en die PU-koor.
Helenè tree al vanaf 1999 by kunstefeeste op en in 2002 is Helenè Bester “ontdek” deur die destydse hoof van RSG Sarel Myburgh tydens ‘n optrede van haar by KKNK. Sedertdien sing sy professioneel.
In hierdie tydperk stel sy drie cd’s vry naamlik  Wens (2002), Hou van jou (2004) en Oorgee (2008). Helenè is drie jaar agtermekaar genooi vir Huisgenoot se Skouspel, (2005, 2006 en 2007).
Sy het al duette gesing saam met bekendes soos Jannie Moolman, Kurt Darren, Brandon October en Rina Hugo en het die verhoog al gedeel met bekendes soos Matthys Roets, Chris Chameleon, Jak de Priester en Juanita du Plessis.
Haar nuutste album Oorgee, gaan oor die liefde, die lewe en hartstog…lekker luistermusiek liedjies met ligte ritmes wat jou lank sal bybly.
Bespreek nou by Rita om jou sitplek by Helené Bester se vertoning te verseker. Rita kan gekontak word by 083 744 8559.