Sport

Northam Plats wen Bosveldtrofee

SETARIA – Die jaarlikse Bosveldtrofee-hengelkompetisie tussen Swartklip, Amandelbult en Northam Plats het die afgelope naweek by die Konsentratordam plaasgevind. Northam Platinum het dit vanjaar aangebied én die kompetisie gewen.

Die drie hengelaars van Northam Plats, die wenspan, wat tydens die Bosveldtrofee die swaarste sakke ingeweeg het, was (van links) Tokkie Bur ger (eerste), Ger ald Bur ger (tweede) en Demsie du Toit (derde).
Die drie hengelaars van Northam Plats, die wenspan, wat tydens die Bosveldtrofee die swaarste sakke ingeweeg het, was (van links) Tokkie Bur ger (eerste), Ger ald Bur ger (tweede) en Demsie du Toit (derde).

Altesaam 30 hengelaars, tien van elke span, het deelgeneem. Die wenners is bepaal deur die span wat die meeste punte behaal het. Punte is toegeken op grond van die gewig sowel as die aantal vis wat gevang is – 10 punte per kg en 10 punte per vis.
Die kompetisie, wat geduur het van 07:00 tot 15:00 Sondag, het groot entoesiasme uitgelok en daar is met groot toewyding en spangees gehengel. Met die inweeg het Northam Plats die meeste punte, naamlik 3756, behaal en Swartklip die tweede meeste met 2114 punte. Derde was Amandelbult 1 Skag met 1532 punte.
Daar is ‘n medalje toegeken aan die drie hengelaars van elke myn wat die swaarste sakke ingeweeg het. Die grootste drie spesies vir die dag is gevang deur een hengelaar van elke myn. Coenie Buys van Swartklip het die grootste karp gevang, Elaine Henrico van Amandelbult het die grootste kurper gevang en Demsie du Toit van Northam Plats het die grootste barber gevang.
Die kompetisie is op ‘n hoë noot afgesluit met ’n skaapbraai deur Northam Plats vir die hengelaars en die toeskouers. Die organiseerders (Northam Plats) is dankbaar vir almal wat ‘n bydrae gelewer om die dag ‘n sukses te maak, veral die borge, kosmakers en verversingverskaffers.