Entertainment

KunsteGrot – een uit, ander in

THABAZIMBI – Die Melktert Kommissie wat op 16 Mei by die KunsteGrot sou optree, kan weens ‘n probleem in hulle geledere, ongelukkig nie meer kom nie.  Daar sal probeer word om hulle weer volgende jaar te akkommodeer. Maar soos hulle sê: “the show must go on” en nou kom die pragtige rooikop sangeres, Helenè Bester, weer hier kuier.  Besprekings het reeds geopen, so vinnig spring as jy jou sitplek wil verseker.
Die program vir ons Innie Grot verjaardag-konsert op 6 Junie word al hoe meer interessant. So oor twee weke meer hieroor.  Dit is ‘n aand wat u glad nie moet misloop nie.
Net om die lesers solank in te lig. Op 29 Augustus kom Neels van Jaarsveld (Dr Gideon van Binnelanders)  en Zane Meas (Neville van 7deLaan) met die komedie Bure Oppie Bank.  Dit het verlede jaar vol sale getrek by Aardklop en beloof skitterende vermaak te wees. Soos verlede week reeds berig, kom Navi Redd op 24 Oktober.
Die KunsteGrot probeer ‘n verskeidenheid kunstenaars vir u, die gemeenskap, na ons eie teater bring.  Ondersteun, asseblief.
Vir alle navrae en besprekings, kontak Rita by 083 7448559