Sport

Vyf medaljes vir SA Jukskeispelers Limpopo

KROONSTAD – Die SA Kampioenskappe het plaasgevind te Kroonstad vanaf 28 Maart tot 3 April 2009.
Daar is meegeding in die Dubbels, Spanverband en Streke. Die volgende spelers het in hulle onderskeidelike afdelings medaljes ontvang.
Dubbels: Veterane – Silwer: Bossie Liebenberg en Koos le Roux.
O/30 Mans – Goud: Ernst de Witt en Pieter-Willie Becker.
O/30 Gemeng – Silwer: Jaco Pretorius en Hermien Naude.
Ope-Afdeling – Kontantprys: Cois en Francois van Zyl.
Mans Sanlam 1- Goud: Cois van Zyl (L), Chris Swanepoel, De Graaff-Genis en Jaco Pretorius.
Sanlam 2 – Silwer: Pieter-Willie Becker, Hano Becker, JL Steyl en Ernst de Witt.
Kopersbond – Mans – 11de plek. Veterane – Caltex en Slanghoek – 15de en 16de plekke.
Dames – Uniewinkels en Pikkie Uys – 15 de en 10de plekke.
Noordstreek afdeling: Veterane – Bossie Liebenberg (Res) en Dames – Adri Muller (Res). O/30 – Francois van Zyl, Petrie Boshoff en Jaco Pretorius (Res).
Groottotaal: Eersteplek Noord Vrystaat, tweedeplek Oos Gauteng, derdeplek Sentraal Gauteng, Limpopo in die negende plek.
Landdros Jukskeiklub bied op 18 April 2009 ‘n Ope-Jukskeidag aan te Polokwane. Vir meer inligting of om in te skryf, skakel gerus vir Apollo Kellerman by 015 296 1308.