Ruiters by Paasskou

Lindie de Beer op haar nuwe perd Visa behaal ‘n Eersteplek in die 90cm – 1m Juniors.
Lindie de Beer op haar nuwe perd Visa behaal ‘n Eersteplek in die 90cm – 1m Juniors.

JOHANNESBURG – Die grootste perdeskou op die Afrika kontinent en die hoogtepunt op elke ruiter se kalender het vanaf 7-13 April te Kyalami Equestrian Park plaasgevind.
Die Paasskou is deur Thabazimbi ruiters, Monica Willats met Wes Maki Saki, Lindie de Beer met Wairwolf en Visa en Liandi Pienaar met Solar Princess bygewoon, wat maar drie van die sowat 5000 inskrywings was. Ruiters en perde van so ver as Botswana, Mauritius, Namibië en Zimbabwe het kom deelneem.
Die standaard was hoog en die ruiters en perde baie mededingend. Daar was tussen 37 – 60 ruiters in ‘n klas. Thabazimbi se ruiters se uitslae was as volg: Monica Willats met Wes Maki Saki het ‘n 9de, 12de en 6de plek in die 90cm – 1m Adults Kampioenskap afdeling ingepalm, Lindie de Beer met Wairwolf behaal ‘n 1ste, 5de en nog ‘n 5de plek in die 1m – 1.1m Junior Kampioenskap, Lindie de Beer met Visa behaal ‘n 1ste en 4de plek in die 90cm – 1m Juniors en Liandi Pienaar met Solar Princess ‘n 9de plek in die 80-90cm Kampioenskap afdeling vir Pony Riders.
Die ruiters is dus gereed vir die Thabazimbi Expo perdeskou geleentheid op die 2de Mei te Thaba Park en nooi alle ruiters om in te skryf en saam met hulle die dag te kom geniet. Inskrywings is by Wes Feeds beskikbaar. Vir enige navrae, skakel Monica Willats by 014 778 0780 of 082 377 5009.