Pro-Bow Boogklub presteer by SABA

Lede van die Pro-Bow boogklub het afgelope naweek vyf medaljes verower. Op die foto is Gerald Niehaus , Quintin J. van Vuuren , Hein Holtshauzen , Henk Engelbrecht , Niane Engelbrecht , Chris Kreamer , Antoinette Hermann , Malan Hermann.

BRITS – Agt lede van  Thabazimbi se Pro-Bow boogklub het op Saterdag 4 April 2009 aan die derde SABA boogskiet kompetisie van 2009 te Nietverdient buite Brits deelgeneem . Uit hierdie skuts het vier Goue – en een silver medaljes ontvang in die volgende kategorieë :(Mans Snr.) Henk Engelbrecht  goud met 100% , (Dames Snr.) Antoinette Hermann goud met 100%, (Seuns Jnr.) Gerald Niehaus goud met 100%, Quintin J van Vuuren silver met 96% en (Dogters Cubs) Niane Engelbrecht goud met 88% .
In die Klub Kompetisie is Pro-Bow Boogklub tot en met die kompetisie tans in die tweede plek, maar die organiseerders het tot op hede nog nie die bogenoemde punte in ag geneem nie en blyk dit of die Klub moontlik na die eerste plek kan opskuif .
Pro-Bow Boogklub is van Maandag tot Vrydag vanaf 8:00 tot 17:00 en Saterdae vanaf 8:00 tot 13:00 oop vir boog oefening en Donderdae vanaf 17:30 vir Klub Kompetisies Alle belangstellendes kan vir Hannetjie skakel by 0736749953 of Hein by 0837013039 .