Sport

Kumba Paragliding Kampioenskap, Thabazimbi 10 – 18 April 2009

'n Gesig wat slegs aasvoëls en natuurlik skermsweefvlieëniers ervaar.
'n Gesig wat slegs aasvoëls en natuurlik skermsweefvlieëniers ervaar.

THABAZIMBI – ‘n Magdom buitelug entoesiaste arriveer die paasnaweek in Thabazimbi om mee te ding in die Kumba Paragliding Kampioenskap.
Verskeie deelnemers het gereeld oor die afgelope paar maande Thabazimbi se lug kom uit toets ter voorbereiding vir die 9-dag kompetisie.
Onder die deelnemers is Nevil Hulett, die huidige wêreld rekord houer vir afstand vlieg op ‘n paraglider en SA kampioen spanlid. Hulett het in Desember ‘n ongelooflike 501km gevlieg en sodoende ‘n uitmuntende nuwe paragliding wêreld afstands rekord opgestel. Die vlug het behoorlik die wereld paragliding kringe in rep en roer om na Suid-Afrika toe te kom.
Ander belowende deelnemers is Desiree Pansi (die huidige SA dames kampioen), Francois de Villiers (voormalige SA kampioen spanlid), Anton Naude (voormalige SA kampioen spanlid) asook ‘n paar belowende opkomende paragliding vlieëniers soos Chris van Noord, Damien Sykes, Waldo Minny en John Lugar.
Die organiseerders van die kompetisie is baie dankbaar vir die samewerking van die dorpslede en besighede om die byeenkoms moontlik te maak. Kumba Iron Ore het veral hulle gewig ingegooi as hoof ondersteuner. Volvo Motors, Sky Paragliders en ThabaNkwe Bushveld Inn is van die ander borge wat ‘n wonderlike bydrae gelewer het. Wonderlike pryse is beskikbaar gemaak deur Colgate, Gradient Paragliders, Dumbe Paragliding, Blue Gravity, Fly De Aar, Lowveld Slope Soaring Club, Montane Bush Lodge, Bishops Inn, Nader Guesthouse, Skydive Rustenburg en verskeie ander.
SAHPA (The South African Hang Gliding and Paragliding Association) woordvoerder, Linda Willemse, het bevestig dat die geleentheid deur SABC en talle ander media publikasies gedek gaan word. Die organiseersders nooi alle toeskouers uit om die verrigtinge te kom aanskou. Vir meer inligting: www.flythaba.com / tel: 076 593 9849.