Koedoe Quad Run tydens Thaba Expo

Die jaarlikse Koedoe Quad Run word oudergewoonte tydens die Thabazimbi Expo op 1 Mei 2009 aangebied.
Die jaarlikse Koedoe Quad Run word oudergewoonte tydens die Thabazimbi Expo op 1 Mei 2009 aangebied.

THABAZIMBI – Gaar jou quad bietjie stof op? Het jy hom al werklik bietjie blootgestel en uitgetoets in die hartjie van die bosveld? Indien nie, is dit vir seker tyd om ‘n knoop in jou oor te maak om deel te neem aan vanjaar se Koedoe Quad Run wat aangebied word tydens die Thabazimbi Wild & Toerisme Expo 2009.
Koedoeskop Laerskool bied weer vanjaar se Koedoe Quad Run aan op 1 Mei 2009.  Hierdie “Fun Run” was ‘n reuse sukses in 2007 en 2008 en het die organiseerders van die kompetisie aangespoor om vanjaar weer die kompetisie aan te bied. Die Fun Run self, gaan op naburige plase in die Koedoeskop omgewing plaasvind, met Koedoeskop Laerskool terrein as wegspring plek.
Dit beloof om ‘n heerlike familiedag te wees met baie vermaak vir oud en jonk. Die roete van ±60km, is ‘n uitdaging vir elke motorfiets en quad entoesias. Vir die klein beginnertjies gaan daar ook ‘n baan wees. Genoeg eet en drinkgoed sal deur die dag te koop aangebied word by die skoolterrein asook ‘n biertuin om die dag op ‘n heerlike noot mee af te sluit.
Elke deelnemer ontvang ‘n spesiale medalje en daar is weereens goeie pryse op die spel. Die fotograaf sal gedurende die Fun Run op strategiese plekke op die baan foto’s neem wat na die tyd te koop sal wees.
Nooi al u vriende en familie om die dag saam te kom geniet. Navrae kan gerig word aan die organiseerders: Gustav Grobler – 083 792 4698 (gustav@koedoeskop.com),
Carl Vos – 082 467 1807 (carlvos@koedoeskop.com) en Nelmarie Schutte – 073 164 5105 (nelmarie.schutte@kioltd.com).