Sport

Visse traag by Olifantsnekdam

Die wenners die afgelope naweek tydens die Northam Hengelklub se maandelikse kompetisie was agter vlnr: Aud rey Breyneus, Ju dith Pretorius, Loot Pretorius, Wicus Pretorius, Jaco Geldenhuys, Ger ald Bur ger en Tokkie Bur ger. Voor staan Nico Geldenhuys. Afwesig: Martie Murray (Dames – tweede).

SETARIA – Die winderige toestande die afgelope naweek by die Olifantsnekdam buite Rustenburg het die visse traag gemaak om te byt tydens die Northam Hengelklub se maandelikse kompetisie.
Hoewel die son geskyn het was die wind redelik onplesierig en koud. Die groep van 29 hengelaars wat deelgeneem het, het maar  altesaam 70 vis gevang met ‘n gewig van 74,17 kg.
Die grootste visse wat geland is, was ‘n barber van 3,5 kg, gevang deur Tokkie Burger, en ‘n karp van 3,176 kg, gevang deur Gerald Burger.
Die wenners is bepaal deur die swaarste sak. In die Senior Mans Afdeling was die wenner Gerald Burger. Tokkie Burger was tweede en Loot Pretorius derde.
In die Dames Afdeling  was die wenner Judith Pretorius, met Martie Murray in die tweede plek en Audrey Breyneus in die derde plek. In die Junior Afdeling was Jaco Geldenhuys die wenner, Nico Geldenhuys was tweede en Wicus Pretorius derde. Daar was geen wenners in die PenkoppeAfdeling nie.
Die volgende hengelkompetisie van die Northam Hengelklub vind plaas op 2 Mei by die Rust de Winterdam buite Warmbad. Belangstellendes kan die klubvoorsitter, Ronnie du Toit, skakel by 073 665 8169.