Thabazimbi Stapklub by Diepdrift
THABAZIMBI – Agt stappers van Thabazimbi Stapklub het die naweek van 14 – 16 Maart die Diepdrift Staproete naby Warmbad aangedurf.
Die roete is op ‘n groot wildsplaas geleë met talle diere. Die sigbare seekoeie het van dam tot dam beweeg en so ‘n krieweling in elke stapper veroorsaak.
Ook hier is die resultate van die goeie Bosveldreën te sien, met die hoë Tambotiegras wat soms die uitsig versper en groen sover as wat die oog kan sien. ‘n Baie spesiale besienswaardigheid is die unieke erosie strukture in ‘n groot perdehoef-vorm waarmee die groep die roete afgesluit het.
Thaba Stapklub wil weereens ou sowel as nuwe stappers uitnooi om deel te word van hierdie sport wat soveel aan mense bied, onder andere heerlike atmosfeer rondom die kampvure, braaivleis en sosialisering.
Vir enige verdere navrae, skakel gerus vir Hugo by 014 772 1836 (H), 014 777 4680 (W) of 082 562 5774.