Entertainment

Plaaslike model neem titels

Juroné Pretorius (15) van Thabazimbi, het die modelwêreld aan haar jonge voete.
Juroné Pretorius (15) van Thabazimbi, het die modelwêreld aan haar jonge voete.

THABAZIMBI – ‘n Plaaslike skoonheid, Juroné Pretorius, die wenner van onder andere Mej Wildsfees 2007 (pre-teen), is ook onlangs gekies as ‘n nasionale finalis in die Miss Teen SA Championships of Performing Arts 2009.
Juroné, ‘n 15 jarige model van Thabazimbi, is woonagtig by haar grootouers, Ben en Ria Pistorius van die plaas Rooidam. Volgens me Ria ondersteun hul haar ten volle in haar drome en besef dat Juroné ‘n baie talentvolle jong dame is.
Juroné het in die amper twee jaar wat sy betrokke is by modelwerk heelwat Pre-teen titels verower, onder andere: Mej Wild en Toerisme Expo, Mej Setaria (algehele wenner), Sky Nations (tweedeplek), Southern Ambassadors (tweedeplek) en eerste plek vir Best Traditional Costume, ‘n finalis in Miss Republic of Azania 2008, Miss Winter Fantasy (tweedeplek) en eersteplek vir Best Dressed, Mej Sonneblom (tweeplek), Miss Rutandes (tweedplek) en Miss Midwinter (tweedeplek) om ‘n paar te noem. Sy verkry ook twee sertifikate in 2007 se Performing Arts en dring deur na die showcase. In 2009 se Performing Arts waarin sy ‘n finalis is ontvang sy ook twee sertifikate. Hierdie pragtige jong dame staan haar klein skoene vol in die modelwêreld en groot dinge word nog van haar verwag.