EntertainmentSport

Paasfees, Skermswewers en Aasvoëls

Die Kumba Ystererts Skermsweef Ope 2009 word van volgende week aangebied.
Die Kumba Ystererts Skermsweef Ope 2009 word van volgende week aangebied.

THABAZIMBI – Oor ‘n week sal die Kumba Ystererts Skermsweef Kompetisie hier op eie bodem plaasvind.
Limpopo se vlaktes, berge en lugruim sal gevul word met ‘n magdom van kleurvolle skermsweef entoesiaste wat meeding in die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskap.
Baie deelnemers in die kompetisie sien met groot verwagting daarna uit om saam met die beroemde aasvoëls van die Thabazimbi area te vlieg. In die kompetisie sal die aasvoëls dien as betroubare aanwysers van warm lugstrome wat die skermswewers van hoogte kan verseker om die dag se roete te kan voltooi.
Paasfees is ‘n tyd van dankbaarheid en feesviering. In ander areas van Afrika word daar spesiaal skermsweef feeste gereël vir die plaaslike bevolking as deel van die Paasfees-vieringe, byvoorbeeld in Ghana.
Die organiseerders van die Kumba Skermsweef kompetisie glo dat die nuwe datum ten bate van die dorp en deelnemers is juis oor dit oor Paasnaweek val. Meer van die plaaslike besighede sal kan baat by die besoekers aangesien die deelnemers se familie ook nou die verrigtinge kan bywoon.
Plaaslike firmas wat hulle ondersteuning tot op datum gegee het is Kumba Yster Erts Myn, ThabaNkwe, Kumnandi Lapha, Olifants River Lodge, Montane Properties. Volvo Motors het twee van hulle prag voertuie beskikbaar gestel vir die vervoer van die deelnemers. Wonderlike pryse word deur Sky Paragliders, Gradient Paragliders, Colgate, Firebird Paragliders en verskeie ander geskenk.
Die eerste vliegdag van die kompetisie sal 10 April wees en die laaste
18 April 2009.

Vir meer besonderhede besoek: www.flythaba.com of kontak die Suid Afrikaanse Paragliding & Hang Gliding Assosiasie (SAHPA).

E-pos:
linda.sahpa@gmail.com en besoek ook: www.sahpa.co.za