General

Ongeluk eis boorling van Thaba

THABAZIMBI – ‘n Boorling van Thabazimbi wat hom sedert verlede jaar in Natal bevind het, Jordaan Steenkamp (42), in Vrydag 13 Maart op slag dood toe sy bakkie gerol het nadat dit in ‘n ongeluk met ‘n vragmotor betrokke was.
Die ongeluk het die aand op die snelweg oppad terug vanaf sy werk in Durban na sy huis in Pietermaritzburg gebeur. Om nie daagliks in die spitsverkeer te beland nie, het Jorrie later in die oggende begin werk en saans huistoe teruggery. Op die snelweg het ‘n vragmotor skielik vanuit die linkerbaan op die snelweg voor sy bakkie ingery, dit getref en die bakkie vir ‘n ent saamgesleep voordat dit verder oor die snelweg gerol het. In die proses is Jorrie uit die bakkie geslinger.
Jorrie, soos hy hier in Thabazimbi en omgewing bekend was, was die seun van Flip en Lulu Steenkamp van Thabazimbi. Hy is hier gebore en het ook hier groot geword. Nadat hy in 1984 gematrikuleer het is hy lugmag toe en het daarna hom as QS aan die Universiteit van Pretoria gekwalifiseer waar hy dan ook in 1993 sy graad gekry het.
Na sy troue het die gesin nog vir ‘n tyd lank in Pretoria gebly voordat hulle Ellisras toe is en hulle later op Thabazimbi kom vestig het. Sowat twee jaar gelede het hulle na Welkom verhuis en gedurende verlede jaar het hy ‘n baie goeie pos in Durban aanvaar. Jorrie was baie bemind en gewild onder sy vriende asook by die skole waar sy kinders skool gegaan het.
‘n Roudiens is Dinsdag 17 Maart in Pietermaritzburge gehou. Die teraardbestelling vind vandag, Vrydag 20 Maart 2009, om 10:00 vanuit die Hervormde Kerk Thabazimbi plaas.
Hy laat sy eggenote Ninene, sy kinders Ruan (19), Leatitia (17) en Robbie (13) asook sy ouers, broers, suster en talle vriende en familie agter