Goeie prys vir stoetbul op veiling
ROETAN – Vleissentraal Bosveld het Woensdag 11 Maart die Vlakte Bonsmara Studiegroep se Veiling by die Roetan Veilingskrale aangebied.
Die 12 stoetbulle wat aangebied is het ‘n gemiddelde prys van R25 250 behaal met die hoogste prys van R32 000 vir ‘n bul uit die stalle van CJ Schoeman. Die koper was H 58 Boerdery van Marble Hall. Die totale omset vir die stoetbulle was R303 000.
Heelwat kommersiële diere is ook aangebied. Die 91 tollies minder as 250kg het gemiddeld gegaan teen R3 596 met ‘n hoogste prys van R4 225. Die 81 tollies bo 250kg wat aangebied is, is teen R4 025 gemiddeld verkoop met ‘n hoogste prys van R4 275.
Die gemiddele prys van die 64 verse wat aangebied is was R5 263 met ‘n hoogste prys van R6 700. Die 42 dragtige verse wat aangebied is het teen ‘n gemiddeld van R7 994 verhandel met die hoogste prys R10 100.
Die 91 + 92 Koeie en kalwers is teen ‘n gemiddelde prys van R 9 354 van die hand gesit met die hoogste prys R13 000 terwyl die 80 dragtige koeie teen ‘n gemiddelde prys van R7 601 verkoop is met die hoogste prys R9 000.
‘n Totaal van 26 koeie met kalwers waarvan 23 weer dragtig was is teen gemiddeld R9 460 verkoop. Die hoogste prys hier was R11 100.
Die totale omset vir die kommersiële vee was R3 031 000. Die afslaer was Koot van Staden.