Sport

Dentons visvangkompetisie

THABAZIMBI – Die jaarlikse Dentons geborgde visvangkompetisie wat deur Amandelbult visvang klub aangebied word vind op Saterdag 28 Maart 2009 te Amandelbult Natuurreservaat se damme plaas. Die hekke open reeds om 06:00 die oggend en die kompetisie begin amptelik om 07:00.  Die inskrywingsfooi wat betaalbaar is by die dam  beloop R100 per volwasse visserman en -vrou en sluit ‘n spitbraai ete in vir 2 persone by die Golfklub.  Die inskrywingsfooi vir die juniors beloop R50 en sluit ook ‘n ete in. Die lyne moet om 15:00 uit die water wees en die visse word vanaf  15:00 tot 16:00 ingeweeg. Groot pryse is op die spel en die fondse wat geïn word is ten bate van Liefdadigheid. Vanjaar se fondse is ten bate van die NG kerk op Northam. Die reëls verbonde aan die kompetisie is dat elke hengelaar slegs 2 stokke mag gebruik en geen aasbote of kano word toegelaat nie. Geen dooie visse sal geweeg word nie. Aangesien die kompetisie by die Natuurreservaat aangebied word kan daar nie geswem word nie en mag daar ook nie rondgewandel word nie. Geen oop vure (gasbraaiers en Webers word wel toegelaat), harde musiek en misbruik van alkohol word toegelaat nie en die organiseerders versoek dat die visvangarea skoon en netjies sonder rommel gehou sal word. Vir meer besonderhede of om kaartjies te bekom kan die komiteelede gekontak word. Wimpie Steyn 0834567822, Willie Pieterse 0839974078, Ferdie Jansen 0835009713, Phil Crosswaite 0834557176, Gerhard Rossouw 0832661311, Andries Rautenbach 0833010003 en Donald Breetzke 0837014249.