80 jaar vir Tannie Sandilands se dogter
SENTRUM – Aan die einde van verlede jaar is daar op die plaas Groenvlei anderkant Sentrum groot fees gehou toe die oudste van vier dogters van Tannie Sandilands wat vanjaar op 16 Julie haar 100ste verjaarsdag vier, mev Catharina Sophia Chambers op 27 Desember 2008 haar tagtigste verjaarsdag gevier het.
Johan Chambers, haar seun, het saam met my vrou Colleen en hul drie kinders Nadine, Geraldine, Stephan en skoonseun James Laker die okasie kom bywoon, al die pad uit
Australia. Haar dogter, die derde Catharina Sophia (van Rooyen) van Durban met haar kinders Juan en Chanell was ook by hierdie spesiale geleentheid van hul ma se 80ste verjaardag teenwoordig.
Van die gaste wat die spog geleentheid bygewoon het was onder andere Tannie Sandiland se kleinseun, dr Robert Hearne en sy familie, Engela Schutte en haar kinders van die plaas Groenvlei. Daar was sommer hope van die ander neefs en niggies, tannies en ooms van heinde en verre ook teenwoordig.
Tannie Catharina was dan ook een van die eerste kinders wat in die Matlabas Gereformeerde kerk gedoop is. Sy en haar oorlede man, Arie Chambers was ook doenig in die kontrei waar hy as deeltyds boer saam met dr Robert Hearne op die plaas Blinksand ‘n beesboerdery bedryf het. Die grootste gedeelte van haar lewe het sy in Pretoria deurgebring waar sy tans nog woonagtig is in die ouetehuis, Huis Herfsblaar in Queenswood.