Sport

Northam hengelaars by Rietspruitdam

SETARIA – Die Northam Hengelklub het die afgelope naweek hul maandelikse klubkompetisie by die Rietspruitdam naby Ventersdorp aangebied.
Ten spyte van die koue weer het ‘n groep van 26 nimmereinders aan die kompetisie deelgeneem en altesaam 363 vis is gevang. Die kompetisiewenners is aangewys volgens die grootste spesies. Eerste plek het gegaan aan die grootste Karp, tweede plek aan die grootste Moddervis en derde plek aan die grootste Barber.
Alhoewel geen buitengewone groot visse gevang is nie, was die groottes redelik. Die grootste vis was ‘n Karp van Willem Heydenrych met ‘n gewig van 1,577kg. Die grootste Modderbek, met ‘n gewig van 0,663kg, is gevang deur Hennie Boshoff en die grootste Barber was 1,034kg – gevang deur Tokkie Burger.
Die wenners in die Senior Afdeling was Willem Heydenrych eerste, Hennie Boshoff tweede en Tokkie Burger derde.
In die Dames Afdeling was Judith Pretorius eerste, Nicolene Heydenrych tweede, maar daar was geen derde plek aangesien geen Barbers gevang is nie.
In die Junior Afdeling was Garry Retief eerste, Nico Geldenhuys tweede en ook geen derde plek nie. In die Penkoppe Afdeling was Armand Pretorius eerste en Mikayla Tellues tweede, maar geen derde plek behaal nie aangesien geen Barbers gevang is nie.